DJ Opperman het lank gelede 'n gedig geskryf na aanleiding van 'n nuusberig oor 'n verkluimde meisie in die Koue Bokkeveld. Die gedig se naam is Klara Majola.
Klara Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim,
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.
Vanoggend gaan ek nie 'n gedig skryf nie, maar my hart is geroer, en ek bring hartseer hulde aan 'n meisie van Joubertina.
Rosaline Majola, die koue geweld het jou ook vinnig geƫis. Ek treur oor jou...
No comments:
Post a Comment