Friday, March 28, 2008

Verjaarsdag!

Ek het gister verjaar, en wat 'n cool verjaarsdag was dit nie! Cupcakes met kersies, brunch, shopping, DVD & popcorn, Friends en wyn saam met 'n mooi meisie.

Laat my skoon meer gereeld wil verjaar :-)
Dankie, mooi meisie, vir dit alles...

Tuesday, March 18, 2008

Load shedding

Dit SUCK!!!

Monday, March 17, 2008

Rosaline

DJ Opperman het lank gelede 'n gedig geskryf na aanleiding van 'n nuusberig oor 'n verkluimde meisie in die Koue Bokkeveld. Die gedig se naam is Klara Majola.
 
Klara Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim,
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.
 
Vanoggend gaan ek nie 'n gedig skryf nie, maar my hart is geroer, en ek bring hartseer hulde aan 'n meisie van Joubertina.
Rosaline Majola, die koue geweld het jou ook vinnig geëis. Ek treur oor jou...

Wednesday, March 12, 2008

I will arise...

Nog 'n quote wat my help om deur die dag te kom, veral na gister se wanhoop:

Do not rejoice over me, my enemy;
When I fall, I will arise;
When I
sit in darkness,
The Lord shall be my light.

Micah 7:8,9


Tuesday, March 11, 2008

Die Frustrasie

Hierdie frustrasie is naamloos en gesigloos. Dit kan nie beskryf word vir iemand wat dit nie eerstehands ervaar het nie. Die wortel lê by die Self, en dit maak dit des te meer frustrerend, want soveel soos jy wil, kan jy niks en niemand blameer nie. Dit trek jou af en eet aan jou self-worth. Ek voel of ek wil skree, maar op wie?!
 
PhD en M studente daar buite: ek verstaan... ek verstaan...

'n Dor en uitgedroogte land

Iets wat by my opgekom het toe ek wakker gelê het vannag:

If I'm sleepless at midnight,
I spend the hours in grateful reflection...
I hold on to you for dear life,
and you hold me steady as a post
Psalm 63:6&8
(The Message)

Brrrr

Eish. Dis skielik winter vandag! En nou het ek woes natgereën op pad terug van die Neelsie af. Ek weet party mense hou daarvan (ek doen ook soms), maar oor die algemeen smaak ek dit NIKS om nat te reën nie.

NIE cool nie...